Spelers wat ook spesiale toekennings gekry het, is Nico Nel (slot) wat aangewys is as die SWD o.21 speler van die jaar, JJ du Toit (kaptein) wat die beker vir die meeste drieë gedruk ontvang het en Christiaan Willemse (losskakel) wat die beker vir die meeste punte aangeteken ontvang het.
Buron Parks (flank) is as die mees konstante voorspeler en Merlin Geswindt as die mees konstante agterspeler bekroon. Keanan Esau, veelsydige agterspeler, het die trofee vir die mees waardevolle speler ontvang.
Die groep het hul dank uitgespreek teenoor Vodacom, ETA George, Veda Manie, Johan Prinsloo en die SWD Unie wat die jaareindfunksie moontlik gemaak het deur hul finansiële bydraes.
Die SWD o.21 Span is ook genomineer deur die Suid-Kaap Sportraad as een van die finaliste vir die jaarlikse sporttoekennings.
.jpg)
Die suksesviolle SWD o.21-span wat vanjaar tot die halfeindstryd in duie ABSA Curriebekerkompetisie vir o.21-spanne deurgedring het.

SWD o.21-span se spelers wat met spesiale toekennings bekroon is, saam met van die bestuurslede. Van links agter: staan Perez Julyan (spanbestuurder) , Buron Parks, Nico Nel, Darryl Coeries(hulpafrigter), JJ du Toit en Ian Hattingh (hoofafrigter).Voor: Merlin Geswindt, Keanan Esau en Christiaan Willemse.