Sodoende dring hul deur na die finale van die Absa Curriebeker kompetisie van die o.21's in die B-Afdeling. Die finale is op Vrydag, 17 Oktober in Welkom, waar die SWD weereens die bordjies kan verhang. SWD is ook nou op volle sterkte met geen beserings nie en sal die finale gewis 'n heel ander wedstryd wees.
Die onverwagse insluiting van Leighton Eksteen op die plaasvervangersbank het die Boland onkant gevang. Met 'n wedstryd wat die heeltyd wipplank gery het, is die toeskouers en spelers se senuwees behoorlik getoets tot in die tagtigste minuut van die wedstryd, maar dit was SWD wat in die laaste tien minute van die wedstryd behoorlik die oorhand gekry het.
Drieë is gedruk deur Leeroy Poje, Andy Nitsila, Creswin Josephs en Eksteen. Fizell Fredericks het geslaag met drie doelskoppe en twee strafskoppe, terwyl Eksteen geslaag het met twee strafskoppe en een doelskop.
Die hele span in sy geheel het goed gespeel en is daar min uitsordering, maar Poje wat in die eerste helfte 'n baie goeie wedstryd beleef het, veral met sy taktiese skopwerk. Lusane Williams was ook veilig op die hoë balle en het die taktiek van die Boland deurmekaar geskop.
Voorlangs het Janneman Stander en Nitsila 'n barshou gespeel.
Wicus Oosthuizen het ook die impak kom gee die laaste twintig minute van die wedstryd toe dit saak gemaak het. Joshwin Cornelius is as die speler van die wedstryd bekroon wat die span tot 'n oorwinning gelei het.
OP o.21 het in die ander semi-finaal van die kompetsie in Port Elizabeth daarin geslaag om Limpopo Blou Bulle te klop met 28-26.
'n Opgewonde SWD o.21-span.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'