Gallery Video
GEORGE RUGBY NUUS EN VIDEO - Die SWD Arende speel Vrydagaand op Outeniquapark in die eindstryd van die Curriebeker se Eerste Liga teen die Valke.
Dis die eerste keer sedert 2010 dat die Arende weer in ‘n tuiseindstryd betrokke is.
Die Arende het die Griffons verlede Vrydag, ook op Outeniquapark, in die halfeindstryd met 22-6 geklop om sodoende die eindstryd te haal.
Die eindstryd skop af om 18:00 en toegangsgeld vir volwassenes is R20. Kinders kan verniet kom kyk.
Die George Herald se sportredakteur, Hugo Redelinghuys, en Wessel van Heerden, digitale koördineerder het vandag (Dinsdag 16 Oktober) by die Arende se voorbereiding vir die eindstryd gaan inloer om te sien hoe die Arende voorberei. Klik hier vir 'n fotogalery.
Kyk video's hieronder.
Die SWD Arende besig met 'n spanpraatjie tydens hul oefening op die Outeniquapark se oefenveld.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'