RUGBY NUUS - Ná 'n week van hoogdrama, sal die Mzansi-halfeindstryd tussen die SWD Arende en die Boland Kavaliers wel vanmiddag, Saterdag 10 Junie, plaasvind.
Die afskop is 15:00 uur op Outeniqua Park.
Administratiewe rompslomp deur die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) plaas 'n groot vraagteken oor die volhoubaarheid van kompetisies soos dié.
Dit het SARU twee dae geneem om te bepaal wie speel teen wie. Daarna was daar 'n probleem of die wedstryd Vrydagaand op Saterdagmiddag beslis moet.
Donderdagmiddag is die wedstryd onbepaald uitgestel en gistermiddag is SWD opdrag gegee dat die wedstryd wel moet plaasvind óf die Boland sou by verstek tot die eindstryd deurdring.
Mossel Bay Advertiser sal in die komende week agter die kap van die byl probeer kom om sin van dié deurmekaarspul te probeer maak.
Maar vir nou is die Arende vanmiddag in aksie en ofskoon dit baie kort kennisgewing is, sal enige ondersteuning hoogs waardeer word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’