GEORGE NUUS - Daar is Vrydagaand 20 Mei nie net rugby gespeel op Outeniquapark nie. As deel van SWD-rugby se ondersteuningsprogram vir skole, is rugbytruie oorhandig.
Die program maak voorsiening om aan skole wat 'n behoefte het, van basiese toerusting en uitrusting te voorsien.
Die truie is tydens rustyd in die wedstryd tussen die SWD Arende en die Zimbabwe Goshawks deur Hennie Baartman oorhandig. Dit was een van Baartman, uittredende president van SWD-rugby, se laaste amptelike pligte in dié hoedanigheid.
Sowat sewe skole word deur die program bevoordeel. Vroeër vanjaar is truie as deel van die Vuka-progam ook aan skole oorhandig.
Die program het ten doel om meer speel geleenthede vir o. 15-spelers te bewerkstellig.
Die dien ook as identifiseringsplatform vir nuwe talent. Daar word gehoop om met die programme die spel te laat groei.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'