Gallery Video
RUGBY NUUS EN VIDEO - Die SWD Arende het die Grens Bulldogs met 47-25 geklop op Outeniquapark, Vrydag 28 April.
Die Arende het sewe keer agter die doellyn gaan kuier in die wedstryd en so 'n bonuspunt verdien. In die eerste helfte was die Arende in beheer maar in die tweede helfte het die Bulldogs hard teruggeveg.
Die Arende het karakter gewys en vir die vale gekeer.
Nieteenstaande het die Bulldogs agter die doellyn gaan kuier. Tot redelik kort voor die einde was die telling 35-25.
FOTOGALERY: Arende is in beheer by Outeniquapark
In die doodsnikke het die Arende die laaste drie gedruk en die tuisskare rasend gehad.
Die oorwinning beteken dat die Arende nou ses agtereenvolgende oorwinnings behaal het.
VIDEO: SWD Arende klop Grens Bulldogs met 47-25
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’