Die week word sedert 1995 gehou en het gegroei tot sekerlik die grootste junior rugbyweek in die land.
Vanjaar gaan daar 32 spanne deelneem - die meeste nog sedert 1995.
Wedstryde sal op Saterdag, Maandag en Woensdag by die Kwaggas se rugbyvelde gespeel word.
Vrydagaand skop die week af met ‘n openingseremonie om 19:00 en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Tydens die week gaan ongeveer 1 000 seuns, afrigters en ouers in George saamtrek vir die rugbyweek wat ook ‘n lekker finansiële inspuiting vir die dorp gaan wees.
Toegang is gratis.
Ontbyte en middagetes kan ook genuttig word tydens die wedstryde by die Kwagga Cuisine.
Vir navrae, skakel Pieter Cloete by 084 432 5556.

Nashua George is die hoofborg van die week sonder wie hierdie toernooi nie moontlik sou wees nie. Op die foto oorhandig Ralph Laruffa (verkoopsbestuurder, heel links) en Hennie van Zyl (hoof- uitvoerende beampte, middel) die borgskap aan (van links) Johan Botha (bemarker), Christo Vorster (skoolhoof) en Pieter Cloete (adjunkhoof: sport).