GEORGE RUGBYNUUS - Young Roses-rugbyklub gaan op Saterdag 15 Februarie 'n rugbytoernooi in die Pacaltsdorp-stadion aanbied.
Die ander klubs wat gaan deelneem, is Super Stars, United Stars en Pro Stars. Wedstryde begin om 13:00 en die ingangsfooi is R10 vir volwassenes en R10 per voertuig. Daar sal verversings te koop wees.
Die hekke open om 11:00.
Die program is as volg:
13:00 - Young Roses B teen Super Stars B
14:30 - United Stars teen Pro Stars
16:10 - Young Roses teen Super Stars.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'