Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die nuwe jeug sakebeweging, Shift Entrepreneurs en die SWD Arende snoer kragte saam. 'n Groot raakrugbytoernooi gaan op 24 Februarie op Outeniquapark gehou word.
Dit is dieselfde dag waarop die SWD Arende teen die Luiperds in 'n wedstryd in die eerste divisie van die Curriebekerreeks speel. Die organiseerders het reeds 'n hoofborg, EduGrowth, bekom.
Des-lie van Wyk, voorsitter van Shift, het Dinsdag 14 Februarie gesê met die geleentheid word gepoog om meer bewusmaking vir die Arende en plaaslike sakeondernemings te vestig. Shift is 'n nuwe inisiatief om jeugbemagtiging te bevorder.
Die geleentheid op 24 Februarie word gesien om onder meer die Arende te help in hul visie om in 2025 aan die Curriekerreeks deel te neem en die Curriebeker na George te bring
Daar kan nie in Shift se doel geslaag word sonder die hulp van plaaslike maatskappye/sakeondernemings. Die plan is om jong sakeondernemings en aspirant entrepreneurs te betrek.
Met die raakrugbytoernooi wil die organiseerders 'n groter skare te lok en meer blootstelling vir die Arende te gee. Die plan is dat 16 korporatiewe en skoolspanne deelneem. Daar is 'n senior en junior afdeling en skole van regoor die SWD word betrek. Mans/vroue en seuns/dogters kan deelneem.
Inskrywingsgeld beloop R750 per span.
Die Raakrugby sal reeds om 15:00 begin en tot 17:00 aanhou. Dit sal op 'n uitklopbasis plaasvind. Daarna vind die Arende se wedstryd plaas en daarna die halfeindstryd en eindstryd van die raakrugby.
Daar sal ook stalletjies, vermaak deur kunstenaars en speelplek vir kinders wees.
VIDEO: Speel raakrugby
Die plan is om 'n eerste prys van R10 000 vir die senior afdeling te stel. Dit is danksy die borgskap van EduCare.
Die spanne sal uit vyf spelers aan 'n kant bestaan, en 'n groep sal uit agt spelers kan bestaan. Wedstryde sal 12 minute lank aanhou.
Daar word gehoop dat dit net die begin is en dis nie uitgesluit dat dit weer in die toekoms sal plaasvind nie.
Mense wat meer besonderhede wil hê kan 'n e-pos stuur na deslie@vwykinc.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'