Gallery
GEORGE RUGBYNUUS - Progress het vergoed vir sy nederlaag met 7-35 teen Durbell twee weke gelede in Saru se Goue Beker-toernooi deur Villagers Worcester verlede Saterdag op die Rosemoor-stadion naelskraap met 33-28 te klop.
Die besoekers het in die eerste helfte oorheers en Progress se verdediging goed beproef. Villagers Worcester se aanvalswerk agterlangs was vuurwarm.
In die tweede helfte het die tuisspan stelselmatig die oorhand gekry en het veral sy vaste vyf die besoekers soms in trurat gehad. Progress se verdediging was ook rotsvas.
Vir Progress het Alvin George, Jonathan Simons, Eric Zana en Fizel Fredericks gaan druk. Zana het ook 13 punte met die skoen bygedra.
Hugo Redelinghuys het die aksie gaan afneem.
Eric Zana (losskakel) druk 'n drie onder die neuse van Villagers Worcester.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'