GEORGE RUGBY-NUUS - Olympia-skool in George het die jaarlikse sewesrugbytoernooi by Aghulas Vaardigheidskool in Napier gewen deur die verdedigende kampioen, Aghulas, oortuigend met 27-5 te klop.
Twaalf skole was in aksie en Olympia het al sy groepwedstryde gewen.
Olympia se wenspan is agter, van links: Leroy Kiewiet, Gerhard Haupt (skoolhoof), Keano Brown, Julian James, Tauriq Heunis, Benrico Kruger (spanbestuurder), Diego Edwards, Tertuis Hendriks, Stanley Kruger (afrigter) en Herkie Fredericks (afrigter). Middel: Boetie Fredericks (gelukbringer). Voor: Warren Riddles, Darryl Cloete, Jason Damons en Pearlin Adams.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'