TUINROETE RUGBYNUUS - Twee van die sewesrugbyspanne van die Hoër Landbouskool Oakdale het Saterdag 24 Augustus aan onderskeidelik die Bredasdorp o.15-sewestoernooi en die Eden-sewesproewe by PW Botha-kollege in George deelgeneem. Beide spanne het na die eindstryd deurgedring.
Die o.17-span wen die kompetisie deur Sao Bra in die eindstryd met 22-0 te klop.
Die o.15-span verloor teen Paarl Gimnasium. Na afloop van die toernooi is James Jonker en Kobus Janse van Rensburg in die toernooispan ingesluit.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'