GEORGE RUGBYNUUS - Die Kwaggas se o.19-sewesspan het aan die First Choice-toernooi in Humansdorp deelgeneem en die besondere jong span het uitstekend gevaar deur in die eindstryd eers gestuit te word.
Die span het oor net een o.19-speler beskik met die res van die spanlede wat jonger was. Sewe van die spelers in die span was o.13 en vier o.17.
Altesaam 12 skole het aan die toernooi deelgeneem wat van die sterkste rugbyskole in die land ingesluit het.
In die groepwedstryde het Outeniqua vir Brandwag 24-7 en Despatch 38-17 geklop. Die kwarteindronde-wedstryd is teen Nico Malan met 26-17 gewen en in die halfeindstryd het die Kwaggas vir Grey met 26-17 afgestof.
In die eindstryd teen die Hoër Jongenskool Paarl het die Kwaggas net nie genoeg skietgoed gehad nie en is as die naaswenners gekroon.
Met hierdie prestasie het die span R7 000 prysgeld losgespeel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'