Video
GEORGE NEWS & VIDEO - Die LSEN Cravenweek (Learners with special education needs) is in volle swang op Outeniquapark vandag, Dinsdag 28 Junie.
Die SWD span speel op die oomblik teen die WP. In 'n opwindende wedstryd vroeër het die Vrystaat die Pumas 45-11 geklop.
Môre het die spelers 'n afdag en Donderdag is die laaste dag van die toernooi.
Toegang is gratis en besoekers is welkom. Altesaam 12 provinsiale skolespanne neem deel.
VIDEO: Kom kyk rugby
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'