Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar is groot afwagting vir SWD-rugby se algemene jaarvergadering wat môre, Saterdag 26 November, plaasvind en waartydens 'n permanente president vir die unie verkies gaan word.
Twee kandidate, Ben Brinkhuis en Kevin van Wyk het hulself verkiesbaar gestel.
Brinkhuis neem sedert Mei vanjaar waar nadat Hennie Baartman, die vorige president op die uitvoerende komitee van Saru verkies is. Benewens die president sal ander vakante poste ook deur verkiesings gevul word.
Die kiesstryd vir die presidentskap vind in 'n baie goeie gees plaas. Brinkhuis en Van Wyk het Donderdagaand saam 'n geleentheid van die George-sakekamer bygewoon en gemoedelik met mekaar gesels.
Hulle het met George Herald gepraat en benadruk dit gaan oor die belange van SWD-rugby. Beide is ervare rugby-administrateurs.
VIDEO: Kevin en Ben gesels
Die jaarvergadering vind Saterdag om 10:00 by die George-munisipaliteit se konferensiesaal plaas.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'