Met die oorwinning het die tuisspan tot die semi-finaal teen Calitzdorp volgende Saterdag, 18 September deurgedring. Laasgenoemde het met Seagulls van Melkhoutfontein afgereken.
Die tuisspan het van die afskop verwoed aangeval en het na vyf minute die eerste punte met ’n drie deur Julian Buys, agsteman, aangeteken. Jurich Roberts, binnesenter, het verdoel.
Met die vroeë aanslag op die besoekers, het die tuis toeskouers hulle vir ‘n drieë partytjie voorberei, maar helaas was dit nie hulle beskore nie. Die tuisspan het vir lang rukke in die eerste helfte weer doelloos voorgekom, totdat Gershwin Van Rooyen, regtervleuel, het in die 34ste minuut ’n drie gaan druk, nadat die besoekers die telling met ’n skepskop in die 32ste minuut deur Theo Titus, losskakel, laat krimp het.
Roberts het knap voor rustyd met ’n strafskop geslaag.
Die tweede helfte het beide spanne probeer om die bal lug te gee, maar goeie verdediging en onnodige hanteerfoute op kritieke tye het daartoe bygedra dat daar eers weer laat in dié helfte punte aangeteken was. Die naam van TV Solomons, die tuisspan- senter, moet vir sy puik plettervatte genoem word.
Die enigste punte in die tweede helfte vir die tuisspan is deur Roberts met ’n drie aangeteken, terwyl Eben Thysse, plaasvervanger regtervleuel, ’n strafskop bygevoeg het.
André Belelie, buitesenter, het die besoekers se enigste drie laat in die tweede helfte aangeteken. Titus het met die doelskop geslaag.
Heidelberg speel Saterdag, 25 Augustus, tuis teen Calitzdorp in die semifinaal. Hulle sal egter meer gefokus moet wees om die onbekende Calitzdorpers te troef oppad na die finaal op Outeniqua Park die volgende week.
Artikel verskaf deur die Suid-Kaap Forum, susterkoerant van die George Herald.
