Die eindtelling van 26-24 dui op ‘n naelbyt-wedstryd wat deurgaans op ‘n mespunt geba-lanseer was. Die wenspan was rustyd met 13-5 voor.
Die twee spanne se voorspelers het goed teen mekaar opgeweeg met vaskopstut Kotie Liebenberg wat ver-al indruk gemaak het vir George. Phillip Spies het oudergewoonte sy hart uitgespeel terwyl die man van die wedstryd, slot Landré Meyer, die SWD keurders se oog moes gevang het met ‘n uitstekende vertoning.
Op vleuel het Marius Bouer beïndruk met sterk lopies terwyl skrumskakel Rassie Erasmus die verdediging gedurig aan die raai gehou het met skerp breekslae en goed afgewisselde skopwerk.
Vir George het senter Chris Kruger en Meyer elk ‘n drie gedruk terwyl Johan Julyan met ‘n doel- en strafskop suksesvol was. Martin Bouer het ‘n verdere strafskop oorgesit terwyl Johan Willemse met ‘n straf- en doelskop suksesvol was.
Die wedstryd is in die doodsnikke gewen toe reserwe- losskakel, Dirkie Snyman, met ‘n moeilike strafskop geslaag het.
George het pas ook hul nuwe truie van die borg ontvang.
_jpg (Medium).jpg)
George se eerste rugbyspan met hul nuwe truie.