Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die rugby op die tweede dag van die Africa Skills George Tens Sport- en Leefstylfees by Outeniquapark het vanmiddag omstreeks 1215 begin.
Die rugby wat om 9:00 sou begin is vroeg vanoggend uitgestel tot 10:00 as gevolg van die reën.
Die situasie is deurentyd gemonitor. Daar is later besluit om dit na 11:30 te skuif.
Heyneke Meyer, een van die organiseerders, het in 'n stadium self die toestand van die veld ondersoek. In die loop van gebeure is besluit dat o.13 en o.18 spanne sal aanvanklik speel.
Daar was 'n gevoel dat gekyk moet word om nie te veel skade vandag aan die veld te veroorsaak.
Die o.13 spanne van die Bulldogs van Johannesburg en Hamiltons van Kaapstad het omstreeks 12:15 opgedraf. Hulle het soos die gebruik is by die ouderdomsgroep kaalvoet gespeel.
Toe die wedstryd begin het, het dit net baie saggies gereën.
VIDEO: Rugby begin by George Tens Sport- en Leefstylfees
VIDEO: Kyk hoe speel ons rugby al is dit nat
Toeskouers soek vanoggend skuiling teen die nat weer op die hoofpaviljoen van Outeniquapark. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'