RUGBY NUUS - Die Dotsure SWD Arende het vanmiddag op Outeniquapark ’n kragvertoning gelewer toe hulle die Luiperds oortuigend met 69-19 geklop het.
Dit was egter nie genoeg om hul droom vir die Curriebeker se Premier-afdeling lewendig te hou nie. Tog kan die span met trots terugkyk op die SA Bekerreeks waarin hulle hulself as een van die verrassingspakette van die reeks gevestig het.
Boland Kavaliers het in hul wedstryd die OP Olifante met 85-29 vermorsel. Alhoewel SWD en Boland gelykop eindig, is die punteverskil uiteindelik die bepalende faktor wat Boland onder die topvier in die SA Bekerreeks plaas.
SWD kan nou egter hulle welverdiende twee weke ruskans geniet voordat hulle terugkeer om voor te berei vir die eerstedivisie-kompetisie in die Curriebeker-reeks.
Die eerste wedstryd in dié kompetisie skop af op 13 Junie met tuiswedstryd vir die Arende.
Foto's: Lizette da Silva
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’