GEORGE RUGBYNUUS - Piet Gelderbloem, eienaar van Total Sandkraal (Bonjour), het 'n stel rugbytruie aan die Hoërskool Imizamo Yethu se eerste dogtersrugbyspan geskenk.
Dié skool het dogters-rugby eers in 2016 begin aanbied en het reeds verskeie junior provinsiale spelers opgelewer.
Sihle Diko, 'n administrateur by Saru YTC en die SWD-rugbyunie, sê die sukses van Saru se junior opleidingsprogram vir dogters is afhanklik van die ondersteuning van besighede soos Total Sandkraal, wat die belangrikheid besef van 'n belegging in die toekoms van opkomende provinsiale en nasionale spelers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'