Gallery
GEORGE NUUS - Evergreens is weer in die eindstryd van die Mic Fin Premierliga nadat hy Progress verlede Saterdag in die Pacaltsdorp-stadion in hul halfeindstryd met 16-11 verslaan het.
Die senter Shaun Booysen het koelkop gebly en 'n skitterende taktiese hoekskop deur Evergreens se losskakel, Winrey Stoffels, op die doellyn uit die lug geraap om 'n wendrie te druk.
Leegan Moos (heelagter) was suksesvol met die doelskop wat Evergreens met 13 -11 laat voorloop het. In die laaste minute het hy nog 'n strafskop oorgeklits.
Dit was 'n titaniese stryd met nie een van die twee spanne wat bes wou gee nie. Dis jammer dat hier 'n verloorder moes wees, maar rugby het geseëvier.
Die skarebeheer was uitstekend en die toeskouers se gedrag weer eens onberispelik. Nou wag die grote...
Clinton Wagman (vleuel) gryp vir Heinrich Mackenzie (met bal) aan sy trui met sy spanmaat Dailin Moos (skrumskakel) wat hulle dophou.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'