Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die SWD Arende het ongelukkig vanaand vasgeval teen die OP Olifante en met 15-34 verloor. Dit was die span se eerste wedstryd vanjaar in die eerste divisie van die Curriebekerreeks.
Die Olifante het in die eerste helfte 'n effense oorhand gehad maar die Arende het in die tweede helfte verbeter teruggeveg.
Die Olifante het vyf keer agter die doellyn gaan kuier en die Arende drie keer. Vir die Arende het Adriaan Jacobs, Dillin Snell en Kirsten Heyns drieë gedruk.
Dit was 'n baie harde wedstryd.
Shaun Raubenheimer, kaptein van die Arende en Rodney Damons van die Olifante, het geel kaarte gekry.
In die tweede helfte het dit by tye liggies gereën, maar dit het nie die geesdrif van die spelers en skare gedemp.
VIDEO: Arende val vas
Vorige artikel: Dis rustyd op Outeniquapark
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'