Gallery Video
GEORGE NUUS - Die OP Olifante loop 8-0 voor teen die SWD Arende met rustyd op Outeniquapark vanaand, 1 April.
Dis 'n klipharde wedstryd en die spanne weeg goed op teen mekaar. In een stadium het die humeure bietjie opgevlam.
FOTOGALERY: Arende speel vanaand by Outeniquapark
Dit het in die eerste helfte gelyk of die Olifante 'n effense gebiedsvoordeel gehad het. Die Olifante het eerste bloed geruik en Garrick Mattheus het 'n strafskop oorgeskop.
Riaan Arendse het die enigste drie in die eerste helfte gedruk. Die doelskop was nie suksesvol nie.
VIDEO: Arende vanaand by Outeniquapark
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'