Video
RUGBY NUUS EN VIDEO'S - Die SWD Arende het vanoggend 16 Junie van die George-lughawe na Gauteng vertrek.
Die span speel more, 17 Junie om 12:30 in die Barnard-stadion in Kempton Park in die finaal van die Mzansi-reeks teen die Valke.
Benewens die spelers en ondersteuningspersoneel, reis Ben Brinkhuis, president van SWD Rugby en Veda Manie, bestuurder van die unie, saam.
Daar is groot opgewondenheid in die groep dat hulle Sondag met hul terugkeer 'n ekstra "passasier" (die beker) na George gaan bring.
As die span wen sal dit ook 'n wonderlike verjaarsdaggeskenk vir Zane Kirchner, die agerspeler-afrigter, wees. Hy verjaar vandag 16 Junie en is 39 jaar oud.
Leon van Wyk,George se burgemeester, het die span sterkte toegewens en die hoop uitgespreek dat hulle die beker huistoe sal bring. Volgens hom sal 'n oorwinning baie vir die streek en George beteken.
*Die wedstryd word more van 12:30 op Supersport uitgesaai.
VIDEO - President SWD Rugby praat:
VIDEO - Kaptein Janneman oor wedstryd:
VIDEO - Kyk wie verjaar:
VIDEO - Afrigter praat:
Die SWD Arende vanoggend op George-lughawe voor hul vertrek:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’