RUGBYNUUS: Die Ebrahim Patel-gemeenskapsbeker Paastoernooi skop Donderdag 17 April af by Outeniquapark met 'n klipharde openingskragmeting tussen Bridgton-rugbyklub van Oudtshoorn en Safcol United om 16:00.
Hierdie opwindende wedstryd is deur 'n loting bepaal en albei spanne is gretig om hul merk op die toernooi te maak.
Die vierdaagse rugbyfees eindig Maandag 21 April en beloof om 'n hoogtepunt op die Suid-Kaapse sportkalender te wees.
Die toernooi bring agt van die topgemeenskapsrugbyklubs van die Wes- en Oos-Kaap bymekaar in 'n reeks intense wedstryde oor die Paasnaweek.
Na die openingswedstryd volg nog drie wedstryde op die eerste dag van aksie:
• Groot-Brakrivier vs. Gardens om 17:35
• Heidelberg vs. PE Harlequins om 19:35
• St George's vs. Robertson om 21:10
Op Vrydag 18 April skuif die fokus na pret vir die hele gesin met 'n propvol program van aktiwiteite by Outeniquapark.
Kinders (en grootmense) kan uitsien na 'n opwindende Paaseiersoektog, tradisionele speletjies, toutrek, 'n doelskopvertoning en vele meer. Dis die ideale manier om die Paasnaweek in ware gemeenskapsgees te vier.
Leezl Wilkens, voorsitter van Bridgton, het vandeesweek gesê hulle is trots en opgewonde om deel te wees van die toernooi.
"Ons span van 30 spelers het onvermoeid voorberei vir die toernooi, en ek kan met vertroue sê dat ons gereed is. Onder die ervare leiding van ons hoofafrigter, Eddie Myners, het die span deurgaans groot dissipline, eenheid en vasberadenheid getoon.
"Hierdie toernooi is 'n hoogtepunt op ons kalender, en ons sien daarna uit om ons klub en gemeenskap met trots, passie en doelgerigtheid te verteenwoordig."
Carlin Wewers, hoofafrigter van Heidelberg, sê die span het oor die afgelope paar jaar goeie rugby gelewer en hard gewerk om belangrike mylpale te bereik.
"Met die afskop van die SWD Superreeks het ons gesien hoe die ouens regtig skouer aan die wiel sit. Dis duidelik ons begin die jaar op die regte noot. Die Ebrahim Patel-toernooi gaan vir ons 'n goeie maatstaf wees.
"Al die groot klubs gaan daar wees, en ons is nie daar net om teenwoordig te wees nie, ons wil 'n force wees waarmee daar rekening gehou moet word. Ons voorbereiding verloop goed.
Daar is 'n paar jong spelers in die groep wat al mooi hul voete gevind het. Ander spanne kan maar weet... ons gaan uitsteek," het Wewers gesê.
Saterdag 19 April bring weer aksie op die veld met 'n voorwedstryd tussen Hoërskool Pacaltsdorp en Groot-Brakrivier se o. 19-span, 'n ideale geleentheid om jong talent in aksie te sien.
Die laaste dag van die toernooi, Maandag 21 April, begin vroeg met 'n belangrike wedstryd om 08:20 tussen George-rugbyklub en Crusaders van Parkdene.
Hierdie wedstryd vorm deel van die 2026 Wild Card-kwalifikasie en dra ekstra gewig vir die spanne se toekoms in die kompetisie.
Bridgton se span:
1. Ashwin Lucas
2. Hugh-Jay Strydom
3. Luzuko Nyabaza
4. Denzil Prins
5. Bulelani Ntozini
6. Jevandre Kiewiets
7. Brian Williams
8. Sisipho Gosa
9. Nickfran Welcome
10. Romano Everts
11. Mathew Baardman
12. Thabo Dyantyi
13. Jolin Saptou
14. Al-John Rabie
15. Cascerino Lewis
16. Nathan Julies
17. Zinedine Booysen
18. Grahame September
19. Willem Jaftha
20. Craig Ellis
21. Jade Taute
22. Anver Venter
23. Franklin Tale
24. Francois Gelderbloem
25. Sphakanyiswa Ngcobo
26. Ronaldo Jansen
27. Nathan Baartman
28. Kyle Taute
29. Dehovine Johannes
30. Alfonso Baartman
Heidelberg se span:
1. Marico-leigh Radloff
2. Jaques Thyse
3. Juan Turck
4. Sange Moyakhe
5. Reagon Geldenhuys
6. Andre Maxin
7. Jaco Micheals
8. Marcilino Meyer
9. Jameson Meyer
10. Eslin Noudt
11. Lleyton September
12. Beaugram van Niekerk
13. Reginald Salmon
14. Jason Liebenberg
15. Jerome Esau
16. Duvin Jacobs
17. Rosky Domingo
18. Marcilino Manho
19. Thomlin Meyer
20. Marcel Marais
21. Jadean September
22. Certley de laan
23. Gurshom van Rooyen
24. Daylin Manho
25. Ben Pietrse
26. Maurice September
27. Martinique van Niekerk
28. Lenesteo Nomdo
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’