TUINROETE NUUS - Groot-Brakrivier se rugbyspan (Brak) het Saterdagmiddag, 30 Maart, geskiedenis gemaak toe hulle die eeste span van die SWD geword het wat tot die finaal van die Saldanha Top 8 Easter-rugbytoernooi deurgedring het.
Dit was 'n naelbyt laaste 15 minute van die wedstryd teen Helderberg wat Brak in hul gebied vasgepen het, maar Helderberg kon eenvoudig nie deur die rotsvaste verdediging van die rooitruie bars nie.
Toeskouers wat reeds dou voor dag na die Weskus gereis het, het groot aansporing vir die span gebied.
Die vervanging van spelers op die regte tyd deur die afrigter, Johan Lerm, het ook n groot bydra gemaak tot Brak se oorwinning.
Maandag se finaal tussen die Safcol-span van Grabouw en Brak, beloof om 'n reusestryd wees.
Safcol wat verlede jaar die beker gewen het, gaan dit nie maklik prysgee nie. Dít het hulle gewys toe hulle Saterdag die tuisspan kafgedraf het.
Brak gaan ook te doen kry met die Boland-ondersteuners wat rugby slaap en eet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’