RUGBY NUUS - Blanco het die naweek ‘n plek in die halfeindstryd van die SWD Superliga A losgespeel toe hulle Progress met 50 - 28 gewen het. Met dié oorwinning het hulle hulself net-net bo Barbarians in die topvier geplaas.
Op hul tuisveld kon Barbarians Heidelberg se aanslag nie weerstaan nie en het met ‘n 31 - 48 verloor en tot vyfde plek op die punteleer afgeskuif.
Bridgton se 47 - 28 oorwinning oor George het vir hulle ‘n derde plek op die punteleer besorg en hoofafrigter, Eddie Myners, sê dit was ‘n baie belangrike wen vir hulle.
“Ons wou graag daai vyf punte kry om seker te maak ons maak nie staat op ander spanne se uitslae nie en die wen het vir ons ‘n plek in die halfeindstryd verseker. Bridgton het 11 jaar gelede vir ‘n halfeindstryd gekwalifiseer so dit is uitstekend vir ons,” sê Myners.
George Herald het na die ander klubs wat na die halfeindstryd deurgedring het uitgereik. Hulle kommentaar word afgewag.
Crusaders lê heel laaste op die punteleer en het die naweek nie vir hul wedstryd teen Groot-Brak opgedaag nie.
Halfeindstryd wedstryde in die Superliga A, Saterdag 7 September:
Groot-Brak vs Blanco in Groot-Brak
Heidelberg vs Bridgton in Heidelberg
Halfeindstryd wedstryde in die Uitdaagbeker, Saterdag 7 September:
Evergreens vs Riversdal Blues
Harlequins vs Seagulls.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’