Gallery Update Video
GEORGE RUGBYNUUS - Lanklaas is daar so naels gebyt op Outeniquapark. Die uitslag van die wedstryd tussen die Arende en die Luiperds was in die weegskaal tot op die einde.
Die eindfluitjie het al geblaas en spel moes voortgaan. Die Luiperds het 'n drie gedruk en die telling was 17-15.
Alles het afgehang van die doelskop. Ongelukkig vir die Luiperds was die bal teen die regterregoppaal vas.
Die Arende wen 17-15.
Uitbuindige tonele van vreugde het hulle op Outeniquapark afgespeel.
FOTOGALERY: SWD Arende teen Luiperds op Outeniquapark
Hennie Baartman, president van SWD Rugby,het gesê die oorwinning beteken baie vir die unie en die span. Die span verbeter elke week. Die span gaan vorentoe net sterker en beter word.
VIDEO: Arende wen 17-15
Verwante artikel: Outeniquapark is nat
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'