Update Video
GEORGE NEWS EN VIDEO'S - Ofskoon die SWD Arende vanmiddag teen die Black Lion span van Georgië verloor het met 27-42 is alles nie verlore.
Die uitslae van ander wedstryde kan nou bepaal of die Arende nog in 'n semi-finaal van die eerste divisie van die Curriebekerreeks sal speel.
Vanmiddag se wedstryd was kliphard. Na sowat 26 minute was die Arende 6-21 agter. Die span het egter karakter gewys en teen rustyd was die telling 13-28.
Kort na rustyd het die manne van Georgië hul voorsprong vergroot na 13-35. Die Arende het nie gaan lê. Na sowat 30 minute in die tweede helfte het die Arende die telling laat krimp na 27-35.
Die wedstryd tussen die Black Lion span en die SWD Arende op Outeniquapark in volle swang. Dit was 'n klipharde fisiese wedstryd.
Die tuisspan se ondersteuners op Outeniquapark het begin dink die Arende kan dalk tog die knoop deurhaak. Die Black Lion span het egter weer gaan druk.
*Uiteindelik het die Black Lion span ses keer agter die doellyn gaan kuier en die Arende drie keer. Die Arende het ook met twee strafskoppe geslaag.
VIDEO: Anton Moolman gesels na wedstryd
VIDEO: Black Lion wen teen Arende
Die bestuurder van die Black Lion span, Alexi Lordanishishvili, het na die wedstryd 'n klein geskenk aan Ben Brinkhuis, waarnemende president van SWD Rugby oorhandig. Dit was uit waardering van die unie se gasvrye ontvangs van die span.
Norman Kupido, (links) voorsitter van die kusstreek in SWD rugby, Ben Brinkhuis, waarnemende president van SWD Rugby en Bevin Fortuin, oud-Springbok en 'n voormalige kaptein/afrigter van die Arende by vanmiddag se rugby.
Foto's: Eugene Gunning
*In 'n voorwedstryd het die O/13 span van Conville Primêr die O/13 span van Oker Primêr van Albertinia met 45-7 geklop.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'