GEORGE NUUS - Die SWD Arende gee vanaand erkenning aan sy spelers.
Adriaan van der Bank het die toekenning vir die top puntemaker gekry. Hy speel losskakel en het 106 punte die seisoen vir die Arende aangeteken.
Van der Bank is ook aangewys as die SWD Arende se Speler van die jaar.
Rosco Syster, 'n vleuel, het 13 keer agter die doellyn gaan kuier en die toekenning vir top drie drukker ontvang.
Rosco Syster
Foto's: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’