Toegang is R20 per persoon en kaartjies is by die Unie-kantoor en Top Gear Sport in George, op die hoek van Hibernia- en Meadestrate te koop.
Skakel die Unie-kantoor by 044 873 0137 vir meer inligting.
.jpg)
Hier is van die Arende-spelers na ‘n oefening vroeër die week - Wensley Scott, Jandre Blom, Sinethemba Zweni, Joe Breytenbach, Bevin Fortuin (kaptein), Bobby Joubert, Dougie Hellmuth en Henry Grimes (agter) en voor is Jacques Engelbrecht en Wikus Harmse. Arende se nommer 5 stut, Henry Grimes draf vandag vir sy 100ste wedstryd vir die Arende uit. Foto: Melissa Hills.