Video
RUGBYNUUS EN VIDEO - Die SWD Arende het vanmiddag 18 Mei hul laaste wedstryd in die SA Bekerreeks teen die Luiperds 31-45 verloor.
Beide spanne het 'n hele paar keer agter die doellyn gaan kuier.
Die Arende het hard en moedig probeer, maar die Luiperds het die knoop deurgehaak.
Rustyd was die Luiperds reeds 10-26 voor. Vir die Arende was die wedstryd van akademiese belang want hulle kon nie meer kwalifiseer vir die finaal van die reeks.
- Die onlangse gebou-tragedie in George is nie vergeet en voor die begin van die wedstryd is 'n oomblik van stilte gehandhaaf. Die gebou in Victoriastraat is nie ver van die Outeniquapark geleë nie.
Zane Kirchner, afrigter van die Arende en Matt Proudfoot, afrigter van die Luiperds na die wedstryd. Foto: Eugene Gunning
Foto: Eugene Gunning
Foto: Eugene Gunning
Foto: Eugene Gunning
VIDEO - Eugene Gunning:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’