GEORGE NUUS - Groot-Brakrivier-rolbalklub se jaarlikse mannedriespel was vanjaar weer 'n groot sukses alhoewel stormweer vir die dag voorspel is.
Die wedstryde, wat baie kompeterend was, is almal afgehandel en spanne van oor die hele streek het ingeskryf.
Die wenners was die span van Hartenbos met M Lombard, C Hockney en A Stevens as spanlede.
'n Span van George-rolbalklub wat verteenwoordig is deur J Barnard, B van Loggenberg en T Jones was die naaswenners.
Van links is Geirge-spanlede J Barnard, B van Loggenberg en T Jones by klubpresident Eugene Potgieter.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'