GEORGE NUUS - Die SWD Veerpyltjie-unie het twee gedugte spanne saamgestel om in die SA Kampioenskappe in Kaapstad te gaan meeding.
In die mansspan se geledere is onder andere ‘n Springbok, Abe Jantjies, wat die span aansienlik met sy ondervinding versterk.
Die SWD-mansveerpyltjiespan is van links (agter) Hannes Weyers, Alex Faddel, Hoffie Nel. Voor: Abe Jantjies, Arthur Pekeur en Winston Khana.