Die span se gemiddelde ouderdom was 16 jaar en die toer is as ontwikkelingsgeleent-heid gebruik om die trekkers voor te berei vir volgende jaar se wêreldkampioenskappe.
Die toernooi in Switzerland is deur 54 spanne vanuit 10 verskillende lande bygewoon.
Na die rondomtalie-gedeelte van die toer-nooi, het die span van George die derde meeste punte behaal en het toe aan die uitklopkompetisie deelgeneem waarvoor 16 spanne gekwalifiseer het. Na twee trekke teen ‘n sterk Switserse span, was die spanne gelyk met een trek elk en na ‘n swak loting, is die Van Kervel span na die derde trek uitgeskakel. Die span is uiteindelik na afloop van die toernooi in die elfde plek geplaas.
Met nog ‘n jaar om te gaan na aanstaande jaar se wêreldkampioenskappe, is die span baie positief en het hulle reeds weer die stewels aangetrek.
Die span en hulle aanvoerders wil almal wat hierdie geleentheid vir die leerders moontlik gemaak het deur borgskappe en skenkings, te bedank.
Leerders met landsvlag (trots Suid-Afrikaans in Luzern, Switzerland). Van links: Francois Barnard, Christiaan Janse van Rensburg, Euan du Plessis, Kenneth Paulsen, Colin Meyer, Luzuko Gova, Naches Windwaai, Nicholas Pretorius, Hector Odendaal, mnr Barries Barnard (spanbestuurder) en Rudhiaan Solomons.
Span in amptelike sweetpakke: Agter van links: Hector Odendaal, Luzuku Gova, mnr. Hichael Lourens (aanvoerder), Nicholas Pretorius, Euan du Plessis en mnr. Barries Barnard (spanbestuurder). Voor van links: Rudihaan Solomons, Christiaan Janse van Rensburg, Francois Barnard, Colin Meyer, Naches Windwaai en Kenneth Paulsen.