GEORGE NUUS - Plaaslike fietsryers het sterk presteer tydens die vierde been van die Suid-Kaapse skolefietsryreeks, wat Saterdag 15 Augustus by Montessori in Knysna aangebied is.
Die fietsryers se harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is beloon met verskeie podiumplekke in hul onderskeie ouderdomskategorieë.
In die meisies o. 14 het Lia Kruggell eerste geëindig, terwyl Leanay Badenhorst die tweede plek behaal het. Enzo Heydenreich het derde geëindig in die seuns o. 14.
Ella Barnard het die goue medalje in die meisies o. 16- afdeling verower.
In die seuns o. 15-afdeling het Derick Neethling derde geëindig, gevolg deur Almero van Niekerk in die vierde plek.
Die seuns o. 16 is deur die plaaslike ryers oorheers, met Juan Nagel in die eerste plek en Daniël van Rooyen tweede. Daniel Grobbelaar het sesde geëindig.
In die seuns o. 18 het Henri du Plessis 'n vierde plek behaal, terwyl Linke Oosthuizen die meisies o. 18 gewen het.
Almero van Niekerk Foto: Henk Neuhoff
- Saamgestel deur Marguerite van Ginkel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’