GEORGE NUUS - Die George-area het hulle topskole vir hoërskole verlede Saterdag by Hoërskool Outeniqua aangebied.
Daar was vyf o. 18-skaakspanne wat Saterdag 13 Julie deelgeneem het.
Jonga High School van Thembalethu het ook vir die eerste keer 'n skaakspan ingeskryf.
Die spanne wat deelgeneem het was Hoërskool Outeniqua, George High, York High, Jonga High School en Glenwood House. Skaak van uitstaande gehalte is deur senior spelers gespeel en wedstryde is in 'n goeie gees gespeel.
George-bestuur wil ook vir juf. Marilize Janse van Rensburg van Hoërskool Outeniqua bedank dat sy haar kunslokaal beskikbaar gestel het en vir Anneke Mulder en Sune Swart van George-bestuur met al die reëlings vir die dag. Ook 'n spesiale woord van dank aan George Swart wat as arbiter opgetree het om seker te maak al die reëls van skaak word nagekom.
Hoërskool uitslae was as volg:
1ste: Hoërskool Outeniqua
2de: York High
Hierdie spanne sal George-area by die Eden-topskole, wat in Augustus aangebied word, verteenwoordig.
Eerskomende Saterdag, 20 Julie, sal die George-topskole vir laerskole by Laerskool Denneoord aangebied word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’