GEORGE ROLBALNUUS - Neels Theron, van Sedgefield-rolbalklub, en Nan Roos, van Outeniqua-rolbalklub, het breed geglimlag toe hulle na 'n titaniese reeks as Eden se seniorkampioene gekroon is.
Roos se prestasie is veral veelseggend nadat sy onlangs 'n operasie aan haar duim ontvang het en na kleiner balle moes oorskakel omdat haar hand tans nie groot genoeg kan oopmaak om die groter balle te beheer nie.
Sy is bekend as 'n vasberade speler en het na haar operasie deurgaans geoefen om weer kompeterend te kan speel.
Sy het Rina Pienaar, van George-rolbalklub, in die finaal geklop met Ronel Eloff (Sedgefield) wat die derde plek ingeneem het.
Theron moes in die finaal van die manskompetisie vir Dixie van Rensburg (Hartenbos) uitskakel om met die kampioenskap weg te stap.
Andries Janse van Rensburg (George) was derde in die mans-afdeling.
Die Eden ope enkels in beide afdelings word tans gespeel.
Nan Roos ontvang haar trofee van Tom Strydom, president van Eden-rolbal.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'