Gallery
GEORGE NUUS - Twee swemmers van Garden Route Swemskool wat volgens hul afrigter Franna Vorster kop en skouers uit staan vir die beste prestasie die afgelope swemseisoen, is Renier van Greunen met sy goue medalje by die Junior Nasionale Kampioenskappe en downsindroomswemmer Minke Janse van Rensburg wat twee wêreldrekords by die Senior Nasionale Kampioenskappe gebreek het.
Minke swem onder die afdeling vir swemmers met gestremdhede.
Hierdie twee is dalk bo-aan die leader board, maar volgens Franna is daar honderde "wen-oomblikke" wat die swemmers kan vier.
"Ons is so tevrede en so trots op al ons swemmers. Van die swemmers wat nie kon swem nie en nou waterveilig is, tot die swemmers wat hulle eie mylpale verbeter. Dit was 'n spanpoging van die hele span - al nege afrigters - en al ons swemmers," het Vorster gesê.
Fotograaf Deidre Cloete het ‘n paar mooi oomblikke met die kamera vasgevang by Holy Cross Primary School se Aquatic Centre, waar die swemmers oefen.
FOTOGALERY: Puik seisoen vir swemmers
Minke Janse van Rensburg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’