GEORGE NUUS - SWD-tweekamp het vir die eerste keer in 22 jaar daarin geslaag om die gedugte Oostelike Provinsie op eie bodem te klop.
Danksy 'n voortreflike spanpoging kon die SWD, wat sonder 'n paar van sy topatlete moes deelneem, met die gesogte Chris Jansen-spantrofee wegstap en het ook 12 medaljes geoes.
Die Grens was algeheel derde en die Vrystaat vierde.
Die junior veteraan Juan Pretorius is aangewys as senior victor ludorum.
Die SWD-kaptein, Gustav Schlechter, het ook die vinnigste swemtyd oor 100 m aangeteken met 'n skitterende 57.85 sek.
Die Schlechter-gesin, Marius, Gustav en Lara het elkeen 'n goue medalje verower.
Die junior veteraan Juan Pretorius (SWD-tweekampspan) is aangewys as senior victor ludorum.
Die SWD se medaljewenners is:
- Dogters o.8: Sumay van Wyk (silwer: 2093);
- Seuns o.9: Ruben Gouws (goud: 2352);
- Dogters o.9: Karli Lotter (silwer: 2228);
- Seuns o.13: Matthew van Coller (silwer: 2248);
- Seuns o.15: Christian Hattingh (silwer: 2134); De Wit Bothma (brons: 2116);
- Seuns o.17: Gustav Schlechter (goud: 2328); Reynard Janse van Rensburg (silwer: 2184);
- Dogters o.19: Lara Schlechter (goud: 2364);
- Mans junior veteraan: Juan Pretorius (goud: 2305);
- Mans veteraan: Walter Lusch (silwer: 2198);
- Mans senior veteraan: Marius Schlechter (goud: 2258).
Die Schlechter-gesin: Gustav, Lara en pa, Marius, met hul goue medaljes.
Atlete soos Lamé Gouws, Hanré Jubelius, Herman Spangenberg en Johan van Eeden het met hul vierde plekke stewig tot die SWD se oorwinning bygedra.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'