Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO'S - Die Suid-Kaap se kwalifiserende sterkmankompetisie is Saterdag in bewolkte, koel weer by die seefront in Hartenbos aangebied.
Drie Suid-Afrikaanse rekords wat vakant was en 'n nie-amptelike wêreldrekord is opgestel in die "deadlift"- 245 kg vir juniors o.16.
Shane Jensen, die president van die Suid-Kaap se Sterkmanunie, en ook die wenner van die Afrika Sterkmankompetisie, vertel dat die sport nog nie so 'n groot aanhang in die Wes-Kaap het soos in die res van die land nie.
Daar het wel heelwat mense van Gauteng gereis om te kwalifiseer vir deelname aan die SA Sterkmankompetisie wat einde Augustus plaasvind.
Die topdrie in elke afdeling kwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Sterkmankompetisie op 23 en 24 Augustus in Rustenburg deel te neem.
Shaun Boshoff van Mosselbaai, is 14 jaar oud en het aan sy eerste sterkmankompetisie deelgeneem en daarin geslaag om 'n Suid-Afrikaanse en Suidelike halfrond rekord te breek vir die gewig van 245 kg wat hy gelig het.
Hy het sowat 'n jaar en 'n half gelede begin oefen en vier maande gelede begin om op dooie gewigoptel te konsentreer. "Ek is baie opgewonde oor die vooruitsigte en wil kyk hoe ver ek kan gaan."
Joan Swart (57) van Jongensfontein, het ses jaar gelede begin om gewigoptel te doen, maar weens die Covid-epidemie het alles tot stilstand gekom. Hierdie is maar die tweede kompetisie waaraan sy sedertdien deelgeneem het en waarin sy geslaag het om die "deadlift" 220 kg-rekord te breek.
Haar volgende deelname is by die Walvisfees in Hermanus en dan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Augustus.Johan du Toit maak gereed vir die "deadlift" gewigoptel item waarmee hy 'n vakante rekord in die meesters 105 kg opgestel het.
Johan du Toit van George het ook 'n vakante rekord opgestel in die meesters 105 kg-afdeling met die "deadlift" van 319 kg.
VIDEO: Johan du Toit gesels met ons
Darren Pottek, van Gauteng, is aangewys as die algehele junior wenner (o.16), vir die Suid-Kaap Sterkman-kompetisie.
Shane Jensen, president van die Suid-Kaap Sterkmanunie wys sy tattoe as Afrika Sterkman van die Jaar. Hy gaan in Desember in Charleston, West Virginia deelneem aan die wêreldkampioenskappe.
Joan Swart (57) het gewys dat baie krag in 'n klein liggaam versteek is deur die vakante "deadlift" gewig-optel 220 kg rekord te breek.
Johanna Davids van George het 160 kg gelig in die gewig-optel-kompetisie. By haar is haar vriend, Wesley Piedts.
VIDEO: Shane Jensen, president van die Suid-Kaap Sterkmanunie
VIDEO: Danovan le Roux van Oudtshoorn
VIDEO: Reuben Jansen van Rensburg gesels met ons
VIDEO: Joan Swart gesels met ons
VIDEO: Johanna Davids gesels met ons
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’