Gallery
GEORGE NUUS - 'n Goeie gees, 'n warm kaggel en hope pret het veerpyltjiespanne verlede naweek warm gehou tydens die George Darts Association (GDA) se kompetisie ten bate van twee diensorganisasies.
Die Killer Cup-wenners van die dag is Johan en Mona Stevens, wat 'n kontantprys van R1 000 losgeslaan het. Kort op hul hakke in die tweede plek is Johan van Vuuren en sy spanmaat Mary-Ann Oosthuizen.
Die Killer Plate-wenners is Cecil Jones en Zani Hugo, terwyl Derick Pieterse en Elize die tweede plek behaal het.
Badisa en die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging het elk 'n tjek van R1 000 ontvang.
Die borge sluit in Buko, Smart Office Connexion, Aramex, Creative Green, Kekkel en Kraai, dentist@memorial (van Kimberley) en die SWD-rugbyunie.
Plaatwenners Zani Hugo en Cecil Jones tydens die kompetisie.
Derek Pietersen (regs) bekyk sy laaste gooi met alle erns. Sy spanmaat, Elize Koen (middel), hou haar asem op. Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'