Daar was skuts van oral wat die dag saam met die lede van George Boogklub gedeel het.
Met oor die 70 mense was daar behoorlike kompetisie en gesinsvermaak wat in almal se smaak geval het.
Daar was ook groot borgpryse wat deur Chandelier, Botliers-kop, Virgin Active, Catwalk, Midway House Boats, Fishing Tackle & Sport en nog vele meer geborg is wat bygedra het tot die sukses van die dag en bevordering van die sport.
George Boogklub spog tans met een van die mees gesogde 3D-teiken bane in die hele Wes-Kaap. Met 20 nuwe 3D rubber dierteikens, wat strek vanaf apies en eende tot ‘n blouwildebees en gemsbok.
Die volgende 3D-skietdag vind op Saterdag, 20 Augustus plaas.
Meer inligting oor die klub kan bekom word deur Kobus Venter (voorsitter) by 083 227 0888 te skakel.
_jpg (Small)(1).jpg)
Drie van die dames (van links) Nolene Smuts, Karen Harmse en Elmarie Oosthuizen wat ook hul slag met boogskiet gewys het.
‘n Groepie trotse skuts staan hier by 'n goeie groepering op een van die 3D-bokkies.