GEORGE NUUS - Skubbe, wat in die voorlaaste ronde deur Butz & Gutz geklop is, het toe die eindronde volgens beplanning gespeel en as wenners in die Riaan de Wit en Outeniqua Plumbers-rolballiga vir besigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub weggestap.
Jacques Vorster se Butz & Gutz-span was vol vertroue in die eindstryd, maar Skubbe se manne het min verkeerd gedoen.
Bowling Stones was die naaswenner en het die kampioenskap naelskraap met twee punte misgeloop.
'n Kenmerk van die toernooi is dat van die minder ervare spanne sterk deurgekom het, maar woema in die pylvak verloor het. Nou is hulle vol geesdrif vir die volgende reeks wat op 28 Oktober afskop. Die meeste van die spanne in hierdie toernooi het reeds ingeskryf en Riaan de Wit en Outeniqua Plumbers het ingewillig om weer as hoofborge op te tree.
Belangstellende spanne kan nou reeds vir die volgende reeks by die klub inskryf.
Uitslae:
1 Skubbe 64; 2 Bowling Stones 63; 3 Coastal Relax 61; 4 Butz & Gutz 59; 5 KTV 56; 6 Accidental Bowlers 56; 7 Just Property 53; 8 Finovo 51; 9 Kommaweer Stoffeerders 50; 10 Bay Beds 50; 11 Two of a Kind 50; 12 Africorp Accounting 47; 13 Mat Katte 46; 14 Redline 46; 15 Diesel Koppe 46; 16 SP Legal 45; 17 Bowlistics 45; 18 Vault Properties 44; 19 Southern Cape Properties 43; 20 Enough is Enough 41; 21 George Auto 39; 22 Ricoh 36; 23 Blanco Buurtwag 35; 24 Tax Consulting 26.
Die kampioenskap van Skubbe is verheug met die titel en hul pryse.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'