GEORGE SKAAKNUUS - Eden-skaak is baie trots op sy "uitvoerproduk", die 15-jarige Nicola Putter van Hoërskool Outeniqua.
Sy het in November 2019 as deel van die Suid-Afrikaanse skaakspan aan die Wêreld o. 16-skaakolimpiade in Corum, Turkye deelgeneem.
Nicola is in die span opgeneem as die huidige SA o. 16-dogterskampioen. Sy was deel van die SA A-span en het vier uit sewe wedstryde gewen.
Sy het nie hierna op haar louere gerus nie, maar het gekwalifiseer om aan die SA geslote kampioenskappe vir seniors in Kaapstad deel te neem. In Desember het sy in die o. 20-damesafdeling deelgeneem, waar sy die wenner was met 'n voltelling van 10 uit 10.
Nicola ontvang die trofee by die SA geslote kampioenskappe vir seniors. Sy het in die o.20-afdeling deelgeneem en al 10 haar wedstryde gewen.
Nicola Putter in Turkye saam met ander lede van die SA span.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'