Hulle het met 23-3 verspot maklik met die Plungers afgereken en in die proses hul totale wedstrydpunte na 26 opgestoot.
Twee spanne, Glen Haven en Zanzibar, beklee onderskeidelik die tweede en derde algehele posisie. Beide spanne het 25 wedstrydpunte, slegs een punt agter die Runaway Come Backs.
Glen Haven het die MeyerOtto Strikers met 14-9 geklop terwyl Zanzibar met 21-4 oor die FNB Warriors geseëvier het.
Die Juvenile Jack’s, ‘n nuwe inskrywing tot die toernooi, het weer beïndruk toe hulle hul tweede agtereenvolgende oorwinning behaal het.
Hierdie keer moes Extreme Fishing met 7-12 die knie teen hulle buig.
Die Vintage Rollers, ‘n gereelde inskrywing tot die toernooi, kon tot op hede geen van sy wedstryde wen nie en bevind hulself in ‘n ongemaklike 26e plek. Hul skip, Tony Raschbichler, het egter gewaarsku dat die toernooi nie oor twee rondes gewen word nie en dat sy span oor die volgende vier weke mee rekening gehou sal moet word.
Nels Meubels, ‘n groot gunsteling om die toernooi te wen, is tans sewende geplaas met 22 wedstrydpunte, desondanks twee agtereenvolgende oorwinnings. Hulle het The Blindmasters in ‘n wipplank stryd nouliks met 11-9 geklop.
Met sewe spanne tans op 15 wedstryd-punte, 11 punte agter die voorloper, sou dit gewaag wees om na twee rondes reeds ‘n moontlike kampioen te voorspel.
Groot opgewondenheid en afwagting heers vir die derde ronde, wat vanaand (Donderdag) by die Outeniqua Rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark plaasvind.
Die Run Away Come Backs sal hul eerste posisie teen Glen Haven verdedig terwyl die Juvenile Jack’s voor hul grootste uitdaging tot nog toe te staan sal kom wanneer hulle die span van Zanzibar aandurf. Spel begin om 18:00.
_jpg(1).jpg)
Eden Wealth en Abacus voor hul 2e ronde-stryd afgeneem.
_jpg.jpg)
Almal wag in spanning...
_jpg(3).jpg)
Die Bosvarke, 'n eerste inskrywing tot die liga.