Verskeie van die 18 nuwe spanne in die toernooi het vroeg geleer dat daar geen plaasvervanger vir ervaring is nie toe sommige van hulle sleg teen die meer ervare spanne vasgeval het.
Slegs twee nuwe spanne kan ná twee rondes met ‘n onoorwonne status spog. Secunda Sales het met 16-7 teen die Incredi-rollers gesëevier en het in die proses tot die vierde algehele plek opgeskuif.
Dan het The Green-ies se oorwinning van 16-10 oor Zanzi-bar verseker dat hulle tans die sewende posisie beklee. Standard Bank, wat ná ronde een die toon aan-gegee het, het met 6-19 teen die ervare Vintage Rollers vasgeval en in die proses tot die 14de posisie teruggesak.
Die Vintage Rol-lers beklee nou die voorste posisie na ronde twee.
Die twee Brandhouse-spanne het vir ‘n opwindende wedstryd gesorg toe die damespan (Brandhouse 2) onverwags met die manne van Brandhouse 1 afgereken het. Die telling was 11-8 in die guns van die dames, wat hulle nou in die algeheel derde plek bevind.
Van die nuwe spanne wat ‘n eerste oorwinning gesmaak het, sluit in die DTM Rollers, Total Sandkraal, The Plungers en die Houte-Koppe.
Ronde drie van die gewilde toernooi vind vanaand (Donderdagaand) by die Outeniqua Rolbal-klub in Airwayweg, Heatherpark, plaas en daar word uitgesien na ‘n paar opwindende wedstryde.
Brandhouse 2 sal hul ware karakter moet toon wanneer hulle teen Secunda Sales te staan kom terwyl De Ja Vu (tans in die tweede posisie) sal poog om die Vintage Rol-lers se wen-momemtum te stuit. Nie minder nie as sewe spanne sal poog om hul eerste oorwinning in die reeks te behaal en veral hierdie spanne se ondersteuners is welkom om hul spanmaats te ondersteun.
Spel begin soos gewoonlik om 18:00.
Secunda Sales, wat tans die vierde posisie beklee, in hul rooi uitrusting geklee.
Total Sandkraal, wat hul eerste oorwinning in die toernooi aangeteken het, glimlag breed oor hul prestasie.