NETBAL NUUS - Die Robins-netbalspan het onlangs die Eden-distrik trots gemaak toe hulle aan die DNL Clemengold-toernooi in Stellenbosch deelgeneem het.
Die toernooi het van 16 tot 18 Februarie plaasgevind. Die span is saamgestel uit spelers van onder meer George, Mosselbaai en Groot-Brakrivier.
Die doel van hierdie toernooi is verdere ontwikkeling van hoë gehalte spelers in die Wes-Kaap.
Die toernooi het bestaan uit vier afdelings met vyf spanne per afdeling. Die Robins het netbal van uitstaande gehalte gelewer en uiteindelik 'n bronsmedalje in die B-afdeling verower.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’