Die groentjies Chanel Dog & Cat Parlour is tans in die tweede plek en kom vanaand (Donderdag) teen KTV te staan. Hierdie gaan 'n kookwaterstryd afgee. Smitties Nr Plates, die kampioenspan, het weer met mening teruggekom en sal met Blitzballe moet afreken as hulle hoop om hul titel te verdedig.
Aces High, een van die ervare spanne in die reeks, staan ook nog 'n goeie kans en kom teen nog 'n groentjie-span, Spares Squad, te staan.
Net na hulle, in die sesde plek, lek nog 'n vorige kampioenspan, The Butcher Boys, ook lippe af vir die eindstryd, maar Rooi- rivier-sportklub staan breed in die pad.
Uitslae: 1 KTV (44); 2 Chanel Dog & Cat Parlour (43); 3 Smitties Nr Plates (42); 4 Blitzballe (42); 5 Aces High (41); 6 Spares Squad (39); 7 The Butcher Boys (37); 8 Rooirivier Sportklub (34); 9 Danter Sales (34); 10 Bushwhackers (33); 11 Recon Leaners (33); 12 Babes and Balls (33); 13 Apple Projects (33); 14 Digifusion (32); 15 Transporters (31); 16 Intercare Rollers (31); 17 Werkloos (31); 18 Jawbreakers (31); 19 Hugs & Kisses (30); 20 Zanzibar (29); 21 Ricoh (27); 22 Die Rowwe Rofrollers (27); 23 Fireballs (27); 24 Terry's Auto Clinic (25); 25 Checkers (25); 26 Smart Moves (23); 27 Nashua (21); 28 Watsons Meat (18).
Die vyfde ronde vind vanaand om 18:00 by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark plaas en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon en in die feesvierings te deel.

Kobus Solomons van Spares Squad ontvang sy prys van Johan Meyer (links) en Greg Young(regs) wat die pryse oorhandig het. Foto: Kobus van Wyk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'