GEORGE ROLBALNUUS - 'n Uitstekende oorwinning oor Ricoh het die onoorwonne span Redline in staat gestel om hul voorsprong in the Coastal Relax Beds and Foam Sosiale Rolballiga van die Outeniqua-rolbalklub verder te vergroot.
Hulle is nou nege ligapunte voor hul naaste teenstander, Finovo, wat op hulle beurt vir Loerie Guest House geklop het.
T&T en KTV, wat uit dieselfde stal kom, het beide hul wedstryde gewen en kom vanaand (Donderdag) teen mekaar te staan. Die lede van dié twee spanne het voorheen vir KTV verteenwoordig en lek nou lippe af om mekaar aan te vat.
Die spanne kan ingevolge die beperkings uit 'n maksimum van drie spelers bestaan om minder spelers gelyktydig op die baan te hê. Dit het 'n paar spanne laat herrangskik en in twee spanne laat verdeel.
Die heelwat minder spelers in aksie het nie die geesdrif in die minste gedemp nie en al die spanne geniet die rollery soos in die verlede.
Belangstellendes kan die wedstryde, wat om 18:00 op die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark plaasvind gratis bywoon. Die klublede maak voorsiening vir ligte etes en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Uitslae
1 Redline 39; 2 Finovo 30; 3 T&T 30; 4 KTV 29; 5 Ricoh 28; 6 Loerie Guest House 28; 7 Kommaweer Stoffeerders 26; 8 Coastal Relax Beds & Foam 25;
9 Elbow Benders 23; 10 Talisman 22; 11 Accidental Bowlers 21; 12 Butz & Gutz 20; 13 SP Legal 20; 14 Carpet King 17; 15 Bowling Stones 13; 16 Just Property 13.
Wedstrydlys
Redline t Finovo; T&T t KTV; Ricoh t Loerie Guest Lodge; Kommaweer Stoffeerders t Coastal Relax Beds & Foam; Elbow Benders t Talisman; Accidental Bowlers t Butz & Guts; SP Legal t Bowling Stones; Carpet King t Just Property.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'